Dis mos lekker om 'n kind te wees, nê?
Dis mos wanneer mens groei. En speel. Al die lekker dinge doen, sonder om te worry oor reëls en grense en goeters. As mens ‘n kind is, het jy ‘n lisensie om net te speel en nuwe goed uit te probeer. En om te leer.
Maar nie alle kinders is so gelukkig nie
Party kinders dink heeldag aan kos. Elke dag. Heeldag. Hul ouers kan dit nie bekostig om vir hulle kos te gee skool toe nie, al wil hulle hoe graag. En as hul maats hulle toebroodjies en lekkers eet en sap drink, dan sit dié kinders eenkant en maak of hulle nie omgee nie. Hulle is moeg..., verward..., gefrustreerd..., maar veral honger.
Wat gaan ons doen?
Die Vryburgers van George gaan nie net staan en kyk hoedat een enkele kind op ons eie drumpel sukkel in die skool nét omdat hy of sy nie iets te ete kan bekostig nie. Daar is duisende kinders in en óm George wat op ‘n daaglikse basis op skool kwyn; bloot uit honger.
Ons vra almal wat moontlik kán (besighede of individue) om deel te neem deur finansieël by te dra. Elke sent sal direk by die skole uitkom.
Waaroor gaan dit?
Glo dit of nie, maar hier in en om George is daar kinders wat nie 'n kospakkie kan skool toe vat nie. Wat ons beoog om te doen is om 'n volhoubare stroom van inkomste te voorsien vir die kinders.
Aankondigings
September bydraers - Dankie!20-Sep-2011
Ons wil net dankie sê vir die volgende bydraers Byles JJ Cilliers L Coetsee S Coe..
Julie bydraers - Dankie!19-Jul-2011
Ons wil net dankie sê vir die volgende bydraers wat aanboord gekom het in Julie: B..
Dankie aan die volgende bydraers vir hulle ondersteuning03-Jun-2011
BYLES JJ CILLIERS l COETSEE S COETZEE JGA ERASMUS MD FERREIRA W FOURIE DEON FOURIE S..
Wat's nuus?
twitter.com/kosvirkinders